Katot Malanke *
Verbeelding is die skepper van idees en drome...
...party idees bly drome

[
YouTube skakel ]
Programme, brokkies, kode ensomeer, word gesorteer van die nuutste na die oudste. Die enigste blad wat aandag trek is die een wat bly groei.
Easy Fields

Beskrywing
Die beste kodewoord (password) program wat ek tot dusver geskryf het. Met 65 000 x 65 000 velde kan ek onmoontlik dit vol maak nie. Is baie smal en pas heelbo aan die skerm op geen van die (normale) program menu's of plekke van belang nie.

Click die sterretjie(*) met linker muis knoppie en die veld is gekopieër. Regter knoppie en wat in memory is word geplak in die veld. Staan op 'n skakel in die veld en druk F5 en die skakel sal oopgemaak word in die browser. Stoor veld-inligting sodat in die vervolg die verbruiker weet watter velde is belangrik.

Druk 'n verslag van elke kodewoord onder elk se unieke kategorie. Maak 'n lys van al die inligting.

Steek belangrike inligting weg wanneer in Teamviewer of Teams en ander sosiale platvorms. Maak memory skoon.

Wat meer het enige persoon nodig in 'n kodewoord program?

Ja, daar is wel tekortkominge, soos te min velde. Daarom het ek 'n nuwer program gaan skrywe, gebasseer op hierdie weergawe, maar, dit het nie dieselfde funksies soos bv: F5, druk of maak 'n lys van al die inligting, nie. Daar is wel 'n viewer van al die inligting vir maklike soek. Verder werk die program dieselfde.
Hierdie program noem ek
Easy Fields23.



Taal
Visual Basic 6

Skakels
Installasie Kode










Redigeer op: 17 Oktober 2023


Hier is geen kopieregte vir my inhoud nie. Gebruik soos jy wil. Almal sukkel - net op versillende maniere.
Ploerts se splat kom van
hier af. Niks was verander nie, net verklein.
Laptop outjie kom saam met die program:
Rocketcake