Beskrywing Data basisse kan 'n baie diep geskrewe argief word. Die meeste wat in Excel geskrywe word is maar oppervlakkig. Kyk ons na iets vir 'n biblioteek of plate maatskappy, dan is dit nogal 'n diep affêre.
My idee het posgevat alreeds so ver terug as kind op hoërskool. Lank voordat organogramme 'n ding geword het, was dit al deel van my, daarom was dit nogal eenvoudig om dit te boek-staaf. Om dit op rekenaar te plaas is natuurlik 'n perd van 'n ander kleur!
My kodewoord programme het al hoe kleiner en kompak geword totdat dit slegs twee lyne geword het. 'n Paar velde was langsmekaar geheg en toe bou ek Easy Fields (nadat dit Easy Fileds was).
Vanuit Easy Fields het die idee begin om 'n databasis te skrywe wat so diep gaan soos wat die gebruiker dit wil hê. Een gróót verskil: Dit moet nie net in één file gestoor word nie, maar eerder in 'n reeks sub-folders. Enkel files het die gewoonte om maklik korrup te raak en al die "sensitiewe" inligting (of enige inligting) is dan verlore. Té veel het ek met hierdie probleem opgeskeep gesit.
Aka AnyBase(2024). Maar ons het 'n probleem op sub-folders en dit is ook natuurlik hoekom ingewikkelde databasisse ontwerp was: File paths het 'n maksimum letters wat dit kan gaan. Tot-en-met Windows 7 was die maksimum lengte 256 karakters. Intussen het dit al gegroei tot 1024 karakters. Maar hoe méér karakters, oftewel, hoe diéper die sub-folders gaan, hoe moeiliker - aan die een kant - , en hoe makliker verloor ons data.
My idee het totstilstand gekom met hierdie dilemma. Dus, in plaas van sub-folder-op-sub-folder, hoekom nie 'n sub-folder met 'n maksimum van twee vlakke nie? Kom ons kyk na 'n voorbeeld van waar die probleem heers:
Hier is geen kopieregte vir my inhoud nie. Gebruik soos jy wil. Almal sukkel - net op versillende maniere. Ploerts se splat kom van hier af. Niks was verander nie, net verklein. Laptop outjie kom saam met die program: Rocketcake